Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Halep wik en weeg nog oor VSA-ope

Simona Halep, die naasbeste vrouetennisspeler ter wêreld, sal haar finale besluit oor haar deelname aan die Amerikaanse Ope ná hierdie week se WTA-toernooi in Praag neem, het dié Roemeen gesê.

Simona Halep moet nog besluit of sy later vandeesmaand in die Amerikaanse Ope in aksie sal wees. Foto: Getty Images

Die voorste vrouespeler, Ashleigh Barty van Australië, het daarteen besluit om na New York te reis om aan die hardebaan-Grand Slam-toernooi deel te neem te midde van die Covid-19-pandemie.

Dit beteken die 28-jarige Halep sal nou die groot trekpleister wees indien sy besluit om te speel.

“Ek sal beslis ná hierdie toernooi besluit,” het Halep gesê en bygevoeg die toestande in Amerika is “taai”.

“Ek moet ’n gevoel kry. Ek moet sien watter veranderinge die organiseerders van die Amerikaanse Ope gaan aanbring wat reis en ander dinge betref.

“Eers dan sal ek my besluit neem.”

Benewens Barty het die vroue-loting ook ander spelers onder die voorste tien verloor, soos Elina Svitolina (vyfde) en die sewende ter wêreld, Kiki Bertens, weens hul vrese oor die virus.

Amerika het reeds meer as vyf miljoen bevestigde gevalle van Covid-19 en bykans 162 000 mense is reeds dood.

Kommer bestaan ook of spelers onder kwarantyn geplaas sal moet word as hulle na Europa terugkeer vanaf Amerika vir kleibaan-toernooie in September.

Die Amerikaanse Tennisvereniging (USTA) sal ’n bio-borrel in New York vestig, wat voldoen aan al die protokolle om die toernooi vanaf 31 Augustus sonder toeskouers aan te bied.

“Ek weet dit is baie streng en dit is nogal stresvol,” het Halep uit Praag gesê.

“Tog het hulle daardie reëls nodig vir sekuriteit en is die spelers se gesondheid baie belangrik. Daar moet na elkeen omgesien word. Dit is baie moeilik om deesdae te reis. Maar elkeen kan sy eie besluit neem en hulle weet wat hul prioriteite is.

My eerste prioriteit is my gesondheid, die geestelike deel en ek wil ook nie stres oor iets nie. Dit is waarop ek my finale besluit sal grond.

Oor haar deelname in Praag, het Halep gesê sy verwag om aanvanklik maar verroes te wees en dat sy kan sukkel om aan die gang te kom.

Sy het haar aan verlede week se toernooi in Palermo onttrek omdat sy toe gevoel het sy is nog nie reg om weer te begin speel nie. – Reuters

Meer oor:  Flushing Meadows  |  Koronavirus  |  Simona Halep  |  Tennis  |  Covid-19  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.