Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris haal kwarteind in Halle
Lloyd Harris Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Lloyd Harris, wat vanjaar sy buiging in die Halle-grasbaantoernooi in Duitsland maak, het Donderdag die kwarteindstryd gehaal.

Die 24-jarige Kapenaar het Lukas Lacko van Slowakye met 6-3, 7-6(8) geklop om sy plek te bespreek.

Harris kom volgende te staan teen Nikoloz Basilashvili van Georgië, wat 30ste op die wêreldranglys is. Hy moes vooraf kwalifiseer om die hoofloting te haal.

Harris het deurgebreek in Lacko se eerste afslaanpot om vroeg reeds die voortou te neem en later ook sy enigste ander breekpunt van die eerste stel benut om dit met 6-3 te wen.

Die tweede stel, waarin Harris twee breekpunte verspeel, maar ook een teen hom afgeweer het, het volgens afslaan verloop.

Harris het in die valbylpot danksy sy 11de kishou van die wedstryd ’n wedstrydpunt op 9-8 gehad en dit toe benut om met 10-8 te wen.

Die eerste gekeurde, Daniil Medvedev, en verdedigende kampioen, Roger Federer, is vroeër die week uitgeskakel, terwyl Ugo Humbert Donderdag die derde gekeurde Alexander Zverev van Duitsland geskok het.

In die ander kwarteindstryde speel Kanada se Felix Auger-Aliassime teen Amerika se Marcos Giron, Humbert van Frankryk pak Amerika se Sebastian Korda, terwyl die promotorskeuse Philipp Kohlschreiber van Duitsland teen Andrey Rublev van Rusland speel. – Johann de Jager, atptour.com

Meer oor:  Tennis  |  Halle  |  Lloyd Harris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.