Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris haal kwarteindronde in Italië
Lloyd HarrisFoto: Gallo Images

Lloyd Harris van Suid-Afrika het Woensdag tot die kwarteindstryd van die Challenger-tennistoernooi in Forli, Italië, deurgedring.

Die sesde gekeurde Kapenaar het Bjorn Fratangelo van Amerika met 7-6(6), 6-4 geklop.

Harris (23) het tien kishoue gemoker.

Hy sal nou speel teen die vierde gekeurde Salvatore Caruso van Italië of Michael Vrbensky van Tsjeggië.

Die Italiaanse tiener Lorenzo Musetti het na sy paar skokoorwinnings verlede week in die Italiaanse Ope in Rome, weer verras toe hy die eerste gekeurde Frances Tiafoe van Amerika uitgeskakel het.

Die 18-jarige Musetti het Tiafoe, 67ste op die wêreldranglys, met 6-4, 5-7, 6-2 geklop vir ’n plek in die kwarteindstryd. – Sportredaksie, atptour.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.