Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Harris het nie sy kanse gebruik’

Die Suid-Afrikaanse tennisspeler Lloyd Harris het straks nie al die geleenthede wat na sy kant toe gekom het Saterdag in die eindstryd van die Adelaide International-toernooi benut nie.

So sê die derde gekeurde Rus Andrey Rublev wat Harris, in sy eerste ATP-eindstryd lag-lag met 6-3, 6-0 geklop het.

Lloyd Harris tydens Saterdag se eindstryd. Foto: Getty Images

“Die eerste stel was regtig moeilik omdat hy (Harris) ’n paar breekpunte gehad het. Dit was regtig ’n moeilike eerste stel. En toe . . . ek weet nie . . . het ek beter begin speel.

“Ek dink hy was dalk ’n bietjie teleurgesteld omdat hy kanse in die eerste stel gehad het en dit nie gebruik het nie. Hy was, volgens my, toe ’n bietjie terneergedruk en ek het begin beter speel,” sê Rublev volgens atptour.com.

Die Rus beleef tans goeie spelpeil, nadat hy verlede week ook die Katar-Ope gewen het. 

“Dit is waarvoor ek werk: om meer konsekwent te wees. Ek is bly die afgelope twee weke het goed verloop . . . Ek het twee titels verower. Dit is ongelooflik. Ek het nog nooit tevore so iets bereik nie,” sê Rublev.  

Hy kom in die eerste ronde van die Australiese Ope, wat Maandag begin, teen die Aussie Christopher O’Connell te staan. Harris se teenstander in die eerste ronde is die 14de gekeurde Argentyn Diego Schwartzman. – Sportredaksie 


Meer oor:  Adelaide  |  Andrey Rublev  |  Tennis  |  Lloyd Harris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.