Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris hou SA se naam hoog in Adelaide
Die belowende SA tennisspeler Lloyd Harris. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Lloyd Harris het Woensdag die kwarteindronde van die Adelaide International-toernooi gehaal deur die Serwiër Laslo Djere, 40ste op die wêreldranglys, met 7-6 (7/5), 6-3 te klop.

Harris (22) het Maandag Chili se voorste speler, die sesde gekeurde Cristian Garín, met 7-6(5), 3-6, 6-4 in die eerste ronde uitgeskakel.

Harris neem as kwalifiseerder aan die ATP250-toernooi in Adelaide deel.

ATP.com berig hy kom Donderdag teen die Spanjaard Pablo Carreno Busta, 30ste op die ranglys, te staan. Carreno Busta het die Fransman Jeremy Chardy met 6-3, 6-2 getroef.

Harris het die toernooi 99ste op die ranglys betree, maar ná Maandag se opdatering bevind hy hom nou in die 91ste plek.

Die eerste gekeurde Aussie, Alex de Minaur, wat ook in dié helfte van die trekking was, het hom aan die toernooi onttrek.

Novak Djokovic, wat Serwië tot ’n oorwinning in die ATP-bekertoernooi help lei het, het hom ook Saterdag aan die Adelaide-toernooi onttrek.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Lloyd Harris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.