Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris in eindstryd oorrompel
Lloyd Harris slaan Saterdag af in die eindstryd in Adelaide, Australië. Foto: Getty Images

’n Omgesukkelde Rus het Saterdag ’n einde aan die Suid-Afrikaanse tennisspeler Lloyd Harris se droom gemaak om sy eerste ATP-titel te wen.

Die derde gekeurde Andrey Rublev het Harris in die eindstryd van die Adelaide International-toernooi in Australië gemaklik met 6-3, 6-0 geklop.

Dit was die eerste keer dat Harris (22), ’n boorling van Kaapstad, die eindstryd van ’n ATP-toernooi gehaal het.

Die Suid-Afrikaner het agt kishoue gemoker, maar dit was nie genoeg om Rublev te stuit nie, met die Rus wat in minder as ’n uur met Harris klaargespeel het. – Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Lloyd Harris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.