Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris klim 7 plekke op wêreldranglys

Suid-Afrika se Lloyd Harris het met sewe plekke verbeter op die nuutste wêreldranglys nadat hy die halfeindronde van die Oracle Challenger-tennistoernooi die naweek in Indian Wells, Kalifornië, gehaal het.

Lloyd Harris. Foto: Getty Images

Hy beklee die 92ste plek, sy beste plek tot nog toe op die ATP-ranglys.

Die 22-jarige Harris het in drie stelle teen die eerste gekeurde Brit, Kyle Edmund, met 2-6, 6-4, 1-6 vasgeval.

Edmund, ’n gebore Suid-Afrikaner, het vier plekke geklim en is tans 23ste op die ranglys.

Hy het Andrey Rublev van Rusland met 6-3, 6-2 in die eindstryd geklop.

Suid-Afrika se Kevin Anderson het met een plek tot sesde teruggesak. – Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Ranglys  |  Lloyd Harris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.