Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris maak steeds opgang op ranglys
Lloyd HarrisFoto: Gallo Images

Suid-Afrika se Lloyd Harris maak steeds vordering op die wêreldtennisranglys en beklee nou die 82ste plek – sy beste posisie tot dusver.

Die 22-jarige Harris het met drie plekke verbeter op die jongste ranglys wat Maandag bekend gemaak is.

Suid-Afrika se Kevin Anderson beklee steeds die 11de plek.

Die Rus Daniil Medvedev (10de tot 9de) was die enigste top10-speler wat met ’n plek geklim het.

Chanel Simmonds, Suid-Afrika se voorste vrouespeler op die ranglys, het 12 plekke uitgesak tot die 396ste plek.

Die 16-jarige Zoë Kruger het 57 plekke uitgesak tot 587ste. Sy het Sondag as promotorskeuse in die eerste ronde ter kwalifisering vir die Baltiese Ope in Jurmala, Letland, met 2-6, 4-6 teen die agtste gekeurde Isabella Shinikova van Bulgarye vasgeval. – Sportredaksie

Meer oor:  Lloyd Harris  |  Suid-Afrika  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Wêreldranglys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.