Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris mik na 3 toernooie voor Franse Ope

Die Suid-Afrikaanse tennisspeler Lloyd Harris gaan ondanks sy rugbesering probeer hou by sy planne om voor vanjaar se Franse Ope wedstrydskerp op klei te wees.

Lloyd Harris ontvang behandeling vir sy rug in sy eerste wedstryd teen Grigor Dimitrov die afgelope week in die Madrid-Ope. Foto: Getty Images

Volgens sy hoofafrigter, Anthony Harris, beplan hulle steeds om in ’n paar toernooie te speel voordat die skouspel op Roland Garros op 30 Mei begin.

Die 24-jarige Harris het vandeesweek sy tweede wedstryd in die Madrid-Ope teen Australië se Alex de Minaur weens ’n laerug-besering – met die telling op 2-6, 0-3 – prysgegee.

Hy het met sy sege oor Grigor Dimitrov in die eerste ronde reeds las daarvan gehad en moes tydens die wedstryd behandeling kry.

Die breier, wat weens sy verpligtinge by sy akademie in Kaapstad nie pal aan Harris se sy kon wees nie, het hom Vrydag weer by Harris aangesluit.

Hy het gesê Harris se jongste besering het hom vroeër die week gefrustreer. Ná die Miami-Ope was hy weens ’n beseerde pols ’n paar weke buite aksie.

Die afrigter het bekend gemaak dat hulle steeds beoog om in die komende toernooi, die Italiaanse Ope in Rome, terug op die baan te wees.

Hy het gesê voor die Franse Ope gaan Harris in Rome, Lyon (17 Mei) en Parma (22 Mei) speel.

Die kans is groot dat Harris, tans 54ste op die wêreldranglys, met sy beste ranglysposisie nog in Rome op die baan kan stap.

Dit kom nadat hy Dimitrov, 17de op die ranglys, vroeër die week verras het.

Die sege oor die Bulgaar, slegs sy tweede in ’n Meesterstoernooi en eerste op klei van die seisoen, was sy vierde oor ’n top-20-speler vanjaar.

Harris het trouens in 2021 nog nie een van sy wedstryde teen ’n top-20-speler verloor nie.

Sy grootste sege was in Maart in Dubai toe hy Dominic Thiem van Oostenryk, in daardie stadium vierde op die wêreldranglys, as kwalifiseerder in die tweede ronde verras het.

Meer oor:  Tennis  |  Lloyd Harris  |  Franse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.