Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris moet kwalifiseer in Rome

Die Suid-Afrikaanse tennisspeler Lloyd Harris sal Saterdag in Rome in sy eerste wedstryd ter kwalifisering vir die Italiaanse Ope teen Japan se Yuichi Sugita speel.

Sugita is 88ste op die wêreldranglys.

Harris (95ste) het die enigste kragmeting tussen hulle in die kwarteindstryd van die Kyoto Challenger in 2017 gewen.

Die hoofloting begin Maandag.

Rafael Nadal verlede jaar in aksie in Rome. Foto: Getty Images

Die toernooi is, soos die Franse Ope, weens die Covid-19-pandemie tot in September uitgestel.

Dit gaan Rafael Nadal, wat sy derde agtereenvolgende en 10de titel in Rome jag, se eerste toernooi in ses maande wees.

Hy was in Februarie in Acapulco, Mexiko, die wenner en sedertdien nog nie weer in aksie nie.

Die Spanjaard het reeds Donderdag op die bane in Rome begin slyp saam met Stan Wawrinka van Switserland wat ook nie op die Amerikaanse Ope was nie. Hy het vroeër ook teen Grigor Dimitrov geoefen.

Nadal was weens Covid-19-vrese en die besige tenniskalender nie te vinde om sy titel op Flushing Meadows te gaan verdedig nie.

Organiseerders het aan AFP vandeesweek bevestig die meeste top20-mans sal in aksie in Rome wees. Roger Federer (knie) en John Isner (voet) sal nie daar wees nie, terwyl Rusland se Daniil Medvedev hom onttrek het.

Die trekking word Saterdag gedoen.

Die voorste agt gekeurdes sowel as betrokkenes wat tot in die halfeindstryd van die Amerikaanse Ope gevorder het, sal ’n loslootjie in die eerste ronde hê.

Nadal het Novak Djokovic in verlede jaar se eindstryd in drie stelle verslaan vir ’n rekord- negende titel op Foro Italico waarna hy ook die 12de keer die wenner in die Franse Ope op Roland Garros was.

Djokovic was reeds vier keer die wenner in Rome.

Die Brit Andy Murray en Duitser Alexander Zverev was die ander wenners die laaste vyf jaar.

Dit is die laaste opwarmingstoernooi vir die Franse Ope wat op 27 September begin. – Sportredaksie, atptour.com

Meer oor:  Rome  |  Lloyd Harris  |  Italiaanse Ope  |  Rafael Nadal  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.