Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris skok VSA se naasbeste speler

Dit was Donderdag soete wraak vir Lloyd Harris van Suid-Afrika teen Taylor Fritz om vir die tweede agtereenvolgende week die kwarteindronde van ’n ATP-toernooi te haal.

Hy het dié Amerikaner, 28ste op die wêreldranglys, met 7-5, 7-6(3) in die tweede ronde van die Europese Ope in Antwerpen, België, verras.

Die einste sewende gekeurde Fritz het in Augustus nog in die eerste ronde van die Western en Southern-ope in New York met 6-1, 6-3 korte mette van Harris gemaak.

Dít was Harris se eerste wedstryd in die hooftrekking van ’n toernooi ná die hervatting van tennis. Fritz was vooraf in die World Team Tennis-toernooi vir die Philadelphia Freedoms in aksie.

Lloyd Harris het vir die tweede agtereenvolgende week die kwarteindronde van ’n ATP-toernooi in Europa gehaal.Foto: Getty Images

Harris het sedertdien algaande verbeter en Donderdag die bordjies teen Fritz verhang.

Die 23-jarige Kapenaar het op 5-5 in die eerste stel deurgebreek en toe sy afslaan behou om die stel te beklink.

Hy het in die valbylpot van die tweede stel gou met 6-0 voorgeloop voor Fritz sy finale stuiptrekkings gegee het.

Harris het 12 kishoue gemoker.

Hy speel nou teen Ugo Humbert van Frankryk, wat op sy beurt verras het deur die tweede gekeurde Spanjaard Pablo Carreno Busta in drie stelle met 5-7, 6-3, 6-4 te troef.

Suid-Afrikaners sal die hotklou Humbert, 38ste op die wêreldranglys, onthou as die speler wat Kevin Anderson se doppie in die eerste ronde van die Italiaanse Ope in Rome geklink het.

Harris beklee die 90ste plek op die wêreldranglys, maar behoort ná dese sy posisie te verbeter.

Meer oor:  Tennis  |  Taylor Fritz  |  Lloyd Harris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.