Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris smyt kanse weg in Duitsland
Lloyd Harris in aksie in Stuttgart. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Lloyd Harris het sy kanse beduiwel deur nie Donderdag sy klomp breekpunte teen Felix Auger-Aliassime te gebruik nie.

Die derde gekeurde Auger-Aliassime van Kanada het met 6-3, 7-6(4) sy plek in die kwarteindronde van die toernooi om die Mercedes-beker in Stuttgart bespreek nadat Harris net een van sy 10 breekpunte benut het.

Harris het aan die einde goed teruggeveg en vroeër ook twee wedstrydpunte teen hom afgeweer. Hy sal egter die kanse berou wat hy gehad het in sy eerste wedstryd teen die 20-jarige Auger-Aliassime.

Auger-Aliassime, 21ste op die wêreldranglys, het met die vierde pot die eerste deurbraak in die wedstryd gehad.

Harris het toe Auger-Aliassime op 5-3 vir die eerste stel afgeslaan het, drie breekpunte deur sy vingers laat glip.

Harris het toe Auger-Aliassime op 5-3 vir die eerste stel afgeslaan het, drie breekpunte deur sy vingers laat glip.

Die Kanadees het in die tweede stel weer die voortou geneem met ’n breekslag in die vyfde pot.

Met die agtste pot het Harris vier breekpunte gehad om dit te neutraliseer, maar kon dit weer nie benut nie.

Harris het met Auger-Aliassime se volgende afslaanpot twee wedstrydpunte teen hom afgeweer en toe die pot gevat om dit 5-5 te maak.

Auger-Aliassime het op sy beurt in die 12de pot twee stelpunte oorleef om dit 6-6 te maak en ’n valbylstryd af te dwing, wat hy met 7/4 gewen het. – Sportredaksie, atptour.com

Meer oor:  Lloyd Harris  |  Duitsland  |  Suid-Afrika  |  Tennis  |  Grasbaantoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.