Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris spring weg met sege in Washington
Lloyd Harris / Foto: Getty Images

Suid-Afrika se Lloyd Harris het die eerste stel verloor, maar herstel om sy eerste wedstryd in die Citi Ope, Maandag in Washington DC, te wen.

Harris, 85ste op die wêreldranglys, het Ricardas Berankis van Litaue uiteindelik met 4-6, 6-3, 6-1 getroef.

Berankis is 78ste op die ranglys.

Die 22-jarige Harris kom Dinsdagaand (SA tyd) teen die Brit Kyle Edmund, 34ste op die ranglys, in die tweede ronde te staan.

Die 13de gekeurde Edmund het ’n loslootjie gehad in die eerste ronde.

Suid-Afrika se Kevin Anderson is vierde gekeur.

Hy het ook ’n loslootjie gehad en sal Woensdag teen die Fransman Adrian Mannarino in die tweede ronde speel.

Meer oor:  Tennis  |  Lloyd Harris  |  Wta  |  Atp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.