Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris verbeter, maar net-net buite top-100
Lloyd HarrisFoto: Gallo Images

Suid-Afrika se Lloyd Harris het met drie plekke verbeter op die jongste wêreldranglys, maar bevind hom nog nie weer onder die voorste 100 tennisspelers nie.

Die 22-jarige Harris beklee die 103de plek nadat hy die afgelope naweek die halfeindronde van ’n Challenger-toernooi in Brest, Frankryk, gehaal het.

Die Rus Evgeny Donskoy het hom met 4-6, 7-5, 6-3 geklop.

Harris het in Julie vanjaar nog die 82ste plek beklee.

Suid-Afrika se Kevin Anderson het met 24 plekke teruggesak tot 45ste toe. Hy was op Wimbledon laas in aksie en herstel nog van ’n kniebesering. – Sportredaksie

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Lloyd Harris  |  Suid-Afrika  |  Tennis  |  Wêreldranglys  |  Atp  |  Enkelspelle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.