Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Harris wéér Monfils se meerdere

Suid-Afrika se Lloyd Harris het sy sesde sege oor ’n top-30-speler vanjaar behaal toe hy die agtste gekeurde Gaël Monfils van Frankryk in sy buiging in Halle verras het.

Lloyd Harris verlede week in Stuttgart in aksie. Foto: Getty Images

Dit was die 24-jarige Harris se tweede agtereenvolgende sege oor Monfils, wat tans 16de op die wêreldranglys is.

Hy was Dinsdag met 6-4, 6-4 aan die wenkant in die grasbaantoernooi in Duitsland. Hy het dié Fransman ook in 2018 in Chengdu, China, in ’n wedstryd op ’n hardebaan geklop.

“Dit was ’n hoë vlak van tennis en ’n geval van wie geestelik gaan ingee en ons het nie,” het die Kapenaar se afrigter, Anthony Harris gesê.

Harris het nie ’n enkele breekpunt teen hom gehad nie.

Hy het ses kishoue geslaan in die wedstryd, wat ’n uur en agt minute geduur het.

Harris, 51ste op die ranglys, is verlede week in Stuttgart in sy eerste grasbaantoernooi ter voorbereiding vir Wimbledon in die tweede ronde uitgeskakel deur Felix Auger-Aliassime van Kanada, nadat hy talle breekpunte verspeel het.

Die Kapenaar het Dinsdag twee van sy drie breekpunte laat tel en sal hoop om nou verder te vorder.

Hy speel volgende teen Lukas Lacko, ’n kwalifiseerder van Slowakye wat die Argentyn Guido Pella in drie stelle geskok het. Die 33-jarige Lacko is maar 214de op die wêreldranglys.

• Suid-Afrika se Kevin Anderson kon ondanks sy 27 kishoue nie die eerste ronde in die Challenger-toernooi in Nottingham oorleef nie.
Amerika se Denis Kudla, 118de op die ranglys, het die vierde gekeurde Anderson met 7-6, 1-6, 6-3 verras.
Meer oor:  Tennis  |  Halle  |  Lloyd Harris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.