Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Hewitt se seun wen junior Aussie-titel

Lleyton Hewitt se seun, Cruz, het al sy pa se kenmerke uitgestal toe hy op die Australiese kleibaankampioenskap vir o.12-seuns in Canberra geseëvier het.

ABCSport berig die 12-jarige Cruz Hewitt het Victoria verteenwoordig en Nieu-Suid-Wallis se Elijah Dikkenberg met 6-1, 6-2 in Sondag se enkelspeleindstryd geklop.

Hy het nie ’n enkele stel in vyf kragmetings op die toernooi verloor nie en het ook die dubbelspeltitel vir o.12-seuns saam met Asher Brownrigg verower.

Cruz se sukses is geen verrassing nie as ’n mens kyk na sy spelpeil terwyl hy balle slaan saam met sy pa, wat Australië se Davisbeker-span aanvoer.

Cruz Hewitt (regs) word gereeld by Australië se Davisbeker-oefeninge gesien. Foto: AP

Daar kan ook baie vergelykings tussen pa en seun getref word. Dit is opvallend hoe Cruz se speelstyl en maniere op die baan eenders is as dié van sy pa, wat in sy loopbaan die boonste plek op die wêreldranglys gehaal het en twee Grand Slam-titels verower het.

“So trots om die nasionale kleibaantitel te wen. Het ’n goeie week in Canberra beleef. #claydog,” sê Cruz op Instagram.

Hewitt het in 2001 as 20-jarige die jongste wêreldnommereen geword. Hy het in totaal 80 weke boaan die ranglys deurgebring en die Amerikaanse Ope in 2001 en Wimbledon in 2002 gewen.

Hy was ook lid van twee seëvierende Davisbeker-spanne in 1999 en 2003.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Lleyton Hewitt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.