Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Hewitt vergewe stoutseun Kyrgios

Australië se Davisbeker-kaptein en voormalige tennisster Lleyton Hewitt het besluit om die strydbyl met die omstrede Nick Kyrgios te begrawe.

Ja, hy raak die pad soms byster en is ietwat van ’n anderste kalant, maar die Aussie-span is beter met hom daarin, meen Hewitt.

Nick Kyrgios gaan ná ’n afwesigheid van twee jaar weer vir sy land Davisbeker-tennis speel. Foto: Getty Images

Hy het Kyrgios in Februarie weggelaat vir die kragmeting met Bosnië en Herzegowina, omdat hy nie aan “kulturele standaarde” voldoen het nie.

Hewitt het intussen verby Kyrgios se onlangse kaskenades gekyk en hom herroep vir volgende maand se nuwe Davisbeker-toernooi in Spanje.

Kyrgios het in Augustus in ’n toernooi in Cincinnati ’n soveelste vloermoer gegooi en die ATP (die Beroepspelersreeks) tydens die Amerikaanse Ope as korrup bestempel. Hy het hom in September ’n opgeskorte skoring van ses maande op die hals gehaal. Dit is egter net van toepassing op die beroepsreeks.

“Nick is ’n anderste soort karakter en ek het begrip dat almal nie dieselfde kan wees nie.

“Jy moet die verskillende persoonlikhede in alle sportsoorte kan hanteer. Ek voel asof ek Nick net so goed as enigeen ken.

“Hy het in die verlede, toe hy in die span was, alles gedoen wat van hom verlang is. Hy het nie ’n voet verkeerd gesit nie,” sê Hewitt.

Kyrgios, 30ste op die wêreldranglys, is saam met Alex de Minaur, John Millman, Jordan Thompson en die dubbelspelspesialis John Peers gekies.

Dit gaan sy eerste Davisbeker-stryd in bykans twee jaar wees.

Australië is saam met België en Colombia in Groep D in die nuwe Davisbeker-toernooi, wat van 18 tot 25 November in Madrid gehou word.

Hewitt sê hy en Kyrgios was gereeld in kontak sedert hulle in Maart by Indian Wells reeds die strydbyl begrawe het.

“Hy het ’n boodskap aan my gestuur waarin hy gesê het hy wil weer die span haal. Die goeie ding is dat hy ook ’n goeie verhouding met al die spelers het.

“Ek sal hom eerder in my span wil hê.” 

– Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Nick Kyrgios  |  Lleyton Hewitt  |  Davisbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.