Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Hoë 1ste hekkie vir Lloyd Harris in NY

Suid-Afrika se Lloyd Harris gaan Sam Querrey, 2018 se finalis, Dinsdag in sy eerste wedstryd as ’n top-100-speler in die New York Ope pak.

Lloyd Harris. Foto: Getty Images

Die sesde gekeurde Amerikaner het hom verlede jaar in die eindstryd teen Suid-Afrika se Kevin Anderson vasgeloop.

Anderson moes hom intussen aan die Ope onttrek en sal weens ’n elmboogbesering nie sy titel kan verdedig nie.

Die 21-jarige Harris beklee die 98ste plek – sy hoogste nog op die jongste wêreldranglys.

Indien die Kapenaar verras, wag Ivo Karlovic van Kroasië op hom.

John Isner is vandeesweek die topgekeurde in New York.

Suid-Afrika se voorste dubbelspel-speler, Raven Klaasen en Michael Venus van Nieu-Seeland is vandeesweek in die Rotterdam Ope in aksie.

Meer oor:  Tennis  |  Lloyd Harris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.