Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Hy besef dit ‘irriteer’ baie mense
Hoeveel keer laat Novak Djokovic die bal hop voordat hy afslaan? Foto: Getty Images

Novak Djokovic sê hy besef die roetine wat hy volg wanneer hy afslaan, is “irriterend”, maar hou vol daar steek tegniek agter die skynbare malligheid.

Hoewel sy groot teenstander Rafael Nadal berug is vir sy nougesette roetine wanneer hy afslaan, is die wêreld se voorste speler baie meer onvoorspelbaar.

Soms hop hy die bal voor hom vir ’n baie lang tyd voordat hy dit in die lug gooi, maar by ander geleenthede doen hy dit feitlik glad nie.

Eurosport het Djokovic ná sy oorwinning oor Tennys Sandgren op die Franse Ope daaroor uitgevra. Die Serwiër verduidelik die druk van die situasie dikteer wat hy sal doen.

“Ek besluit nie hoeveel keer ek die bal gaan hop nie,” sê hy.

“Ek besef dit is irriterend vir baie mense en soms is dit vir my ook irriterend – ek wens ek kon die bal minder hop en eenvoudig in die ritme kom. Maar soms, veral as dit ’n taai oomblik is en ek ’n bietjie styf en op my senuwees is, sal ek dit waarskynlik ’n bietjie meer hop.

“Ek wag eintlik soort van net vir die regte oomblik om die bal in die lug in te gooi en om die regte tempo in die beweging te behaal vanaf die heel eerste stap, die swaai.

“Ek weet nie wat anders om vir jou te sê nie, daar is geen spesifieke getal nie.

“Tien jaar gelede sou ek die bal aan die een kant van die baan ’n gelyke getal kere hop en aan die ander kant ’n ongelyke getal.

“Dit is egter nie meer die geval nie – ek het ’n bietjie van ’n probleem!”

Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Tennis  |  Franse Ope  |  Roetine  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.