Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Indian Wells weens Covid-19 uitgestel
Die gesaghebbende Indian Wells-toernooi sal in 2021 later as aanvanklik beplan begin. Foto: Getty Images

Tennis se Indian Wells-spogtoernooi wat in Maart in Kalifornië sou plaasvind is weens kommer oor Covid-19 uitgestel.

Dié gesamentlike ATP-WTA-hardebaanbyeenkoms staan as die “vyfde major” bekend en word jaarliks saam met die vier Grand Slam-toernooie beslis.

Dit word nou vir die tweede opeenvolgende seisoen deur die koronavirus beïnvloed nadat dit vanjaar afgelas is.

“Die toernooi werk proaktief saam met die ATP en WTA, asook die naamborg, BNP Paribas, om datums later in die jaar te bevestig vir die byeenkoms om voort te gaan,” sê die organiseerders in ’n verklaring.

“Besonderhede sal binnekort bekendgemaak word soos planne gefinaliseer word.”

Die toernooi, wat van 8 tot 21 Maart sou plaasvind, lok tennis se beste man- en vrouespelers en het in 2019 ’n rekord 475 000 toeskouers in twee weke verwelkom.

Vanjaar se weergawe was die eerste groot sportbyeenkoms in Amerika om weens die koronavirus afgelas te word.

Die ATP-reeks het twee weke gelede sy skedule vir 2021 aangepas. Dit begin met toernooie in Delray Beach, Florida en Antalya in Turkye en bly sover onveranderd behalwe vir Indian Wells.

Die begin van 2021 se Australiese Ope, die jaar se eerste Grand Slam, is weens die land se streng reismaatreëls om die verspreiding van die koronavirus te beperk met drie weke tot 8 Februarie uitgestel.

– Reuters

Meer oor:  Itf  |  Koronavirus  |  Indian Wells  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.