Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Italiaanse tiener gee nog ’n groot naam pak
Lorenzo Musetti vier Donderdag sy oorwinning oor Kei Nishikori, ’n voormalige finalis in die Amerikaanse Ope. Foto: AP

Die Italiaanse tiener Lorenzo Musetti, wat die tenniswêreld vroeër dié week met ’n skokoorwinning oor die driemalige Grand Slam-kampioen Stan Wawrinka geskud het, het Donderdagaand in Rome gewys dit was geen gelukskoot nie.

Musetti (18) het Japan se Kei Nishikori, nes Wawrinka voorheen in die topvyf op die wêreldranglys, in skoon stelle uit die Italiaanse Ope geboender.

Musetti, wat maar slegs in sy derde ATP-wedstryd in aksie was, het Nishikori met 6-3, 6-4 sy tasse laat pak en ’n plek in die vierde ronde bespreek.

Musetti, wat die 249ste plek op die wêreldranglys beklee, kon danksy ’n uitnodiging van die organiseerders aan die kwalifiserende toernooi vir die Italiaanse Ope deelneem, maar nou kan hy amper begin droom van ’n ontmoeting met die wêreld se voorste speler, Novak Djokovic.

Hul paaie kan moontlik in die kwarteindronde kruis as Musetti met sy volgende teenstander, die Duitser Dominik Koepfer, kan afreken.

Nishikori, wat lank buite aksie was weens beserings en ’n paar weke voor die Amerikaanse Ope ook positief vir die koronavirus getoets is, sê hy sal nog ’n hele paar wedstryde nodig hê om weer op dreef te kom. Hy het egter ook lof vir die jong Italiaanse sensasie gehad.

“Hy’s ’n goeie speler, veral op klei. Ek weet nie hoe hy op hardebane sal vaar nie, maar op klei is sy krag ’n bate. Hy het ’n goeie afslaan en handrughou. Hy het basies alles, wat van hom ’n gevaarlike speler maak.” – Reuters

Meer oor:  Kei Nishikori  |  Tennis  |  Lorenzo Musetti  |  Stan Wawrinka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.