Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Italiaanse tiener se segetog gestuit

Die verrassende segetog van die Italiaanse tiener Lorenzo Musetti in die Italiaanse Ope-tennistoernooi het Vrydag tot ’n einde gekom toe die Duitser Diminik Koepfer hom met 6-4, 6-0 in die derde ronde uitgeskakel het.

ROME, ITALY - SEPTEMBER 18: Lorenzo Musetti of Ita
Lorenzo Musetti. Foto; Getty Images
Novak Djokovic
Novak Djokovic. Foto: Getty Images

Musetti (18) het sy skokoorwinning oor Stan Wawrinka van Switserland, driemalige Grand Slam-kampioen, vroeër met nog verrassende sege oor Japan se Kei Nishikori, ook ’n voormalige topvyf-speler, in Rome opgevolg.

Musetti, 249ste op die wêreldranglys, kon danksy ’n uitnodiging van die organiseerders aan die kwalifiserende toernooi vooraf deelneem.

Hy het toe vriend en vyand verras om tot in die derde ronde te vorder.

Koepfer kom nou in die kwarteindstryd teen die eerste gekeurde, Novak Djokovic van Serwië, te staan.

Djokovic het met sy sege van 7-6(7), 6-3 oor sy landgenoot Filip Krajinovic ook Vrydag die vierde ronde gehaal.

ROME, ITALY - SEPTEMBER 18: Simona Halep of Romani
Simona Halep. Foto: Getty Images

Die eerste gekeurde vrou, Simona Halep van Roemenië, is ook in die kwarteind nadat sy vir Dayana Yastremska van die Oekraïne met 7-5, 6-4 geklop het.

Sy kom nou teen Yulia Putintseva van Kazakstan te staan. – Sportredaksie

UITSLAE

Meer oor:  Lorenzo Musetti  |  Italiaanse Ope  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.