Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Italië ná halfeeu gasheer vir dié glanstoernooi

Turyn se Pala Alpitour-stadion sal van 2021 af die gasheer vir die prestigeryke ATP-eindtoernooi wees.

Die Pala Alpitour-stadion in Turyn in 2016 tydens ’n basketbal-wedstryd. Foto: Getty Images

Dié toernooi, waarin slegs die voorste gekeurde enkel- en dubbelspel-spelers deelneem, word sedert 1970 beslis.

Dis sedert 2009 in Londen se O2-arena aangebied en sal volgende jaar ’n laaste keer daar plaasvind.

“Die skuif na Turyn sal die ATP-eindtoernooi die eerste keer in sy 50-jarige geskiedenis na Italië neem,” het die ATP, beheerliggaam vir beroepsmanspelers, in ’n verklaring gesê.

Die kontrak met die Pala Alpitour-stadion sal tot 2025 strek.

Die heel eerste eindtoernooi is in Tokio gespeel en dié toernooi het oor die jare heen ook by Parys, Barcelona, Boston, Melbourne, Stockholm, Houston, New York, Frankfurt, Hanover, Lissabon, Sydney en Sjanghai aangedoen. – Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.