Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
KYK: De Jager nooi minister vir potjie tennis

John-Laffnie de Jager, voormalige Davis- en Fedbeker-kaptein van Suid-Afrika, het Nathi Mthethwa, die minister van sport, uitgedaag om ’n potjie tennis saam met hom te speel.

Die rare aandenking uit Roger Federer en Rafael Nadal se Match in Africa, wat te koop is. Foto: Verskaf

Hy wil hê Mthethwa moet nou saam met hom speel sodat hy kan sien hoe veilig dit is om tennis gedurende die tyd te speel.

De Jager, Tennis Suid-Afrika (TSA) en die Caring Daisies het vroeër ’n fonds begin om afrigters en beamptes by te staan wat finansieel noustrop trek weens die Covid-19-pandemie.

De Jager en ’n hele klomp van die land se afrigters het intussen op TSA se Facebook-blad ’n roerende pleidooi gerig aan die minister om tennis so gou as moontlik die jawoord te gee sodat bane weer vir Jan en Alleman oopgestel kan word.

“Dis vir ons as tennisafrigters baie frustrerend omdat om nie kan terugkeer werk toe nie op vlak 3 om ’n bestaan te maak nie.

“Tennis word wêreldwyd oopgestel. Navorsing het gewys dit is een van die veiligste sportsoorte om te beoefen gedurende die pandemie, veral omdat sosiale distansiëring ’n kenmerk van die sport is,” sê De Jager.

Hopelik aanvaar hy my uitnodiging.

Hy sê die minister sal op die beeldgreep sien almal is vasberade om weer op die bane te kom om na hul families te kan omsien. Van die afrigters is sonder enige inkomste.

De Jager vra dat besluite wat geneem is daarom heroorweeg moet word.

“Hopelik aanvaar hy my uitnodiging.”

Die tennisgemeenskap is ook gevra om die beeldgreep te versprei.

De Jager-hulle se Tennis Cares-fonds samel benewens skenkings ook geld in deur tennisaandenkings aanlyn op te veil.

’n Hemp met die handtekening van die wêreld se voorste speler, Novak Djokovic, het vroeër R32 000 gehaal.

Die raket van Suid-Afrika se Raven Klaasen waarmee hy in 2018 in die Wimbledon-dubbelspeleindstryd gespeel het, het R10 000 opgelewer.

’n Gesogte aandenking uit Roger Federer en Rafael Nadal se Match in Africa, wat in Februarie voor ’n wêreldrekordskare in Kaapstad beslis is, is nou beskikbaar.

’n E-pos met die bedrag waarvoor gebie word, kan aan tenniscares@caringdaisies.co.za gestuur word.

Meer oor:  Koronavirus  |  Nathi Mthethwa  |  Tennis  |  Tsa  |  Tennis Suid-Afrika  |  Inperking  |  Covid-19  |  John-Laffnie De Jager
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.