Die 19-jarige tennisspeler Stefanos Tsitsipas van Griekeland het op die jongste wêreldranglys 19 plekke tot in die 44ste plek geklim nadat hy die eindstryd van die Barcelona Ope gehaal het.

Stefanos Tsitsipas / Foto: Getty Images
Hy het Sondag in die eindstryd met 2-6, 1-6 teen die kleibaankoning Rafael Nadal verloor.
Tsitsipas is tans Griekeland se voorste manspeler en ’n voormalige nommer een- junior speler in die wêreld.
Hy is tans nie net die jongste speler in die top-100 nie, hy is ook die eerste man van Griekeland om die top-100 te haal.
Suid-Afrika se Kevin Anderson beklee steeds die agtste plek op die ranglys. Hy begin sy kleibaanseisoen vandeesweek in Portugal.
* ATP-ranglys:
- 1. Rafael Nadal (Spanje) 8 770 punte; 2. Roger Federer (Switserland) 8 670; 3. Alexander Zverev (Duitsland) 5 195; 4. Marin Cilic (Kroasië) 4 985; 5. Grigor Dimitrov (Bulgarye) 4 950; 6. Juan Martin del Potro (Argentinië) 4 470; 7. Dominic Thiem (Oostenryk); 3 545; 9. John Isner (VSA) 3 125; 10. David Goffin (België) 3 020; 11. Pablo Carreno Busta (Spanje) 2 440; 12. Novak Djokovic (Serwië) 2 220; 13. Sam Querrey (VSA) 2 220; 14. Roberto Bautista Agut (Spanje) 2 175; 15. Jack Sock (VSA) 2 155; 16. Diego Schwartzman (Argentinië) 2 130; 17. Tomas Berdych (Tsjeggië) 2 060; 18. Lucas Pouille (Frankryk) 1 995; 19. Fabio Fognini (Italië) 1 840; 20. Milos Raonic (Kanada) 1 835. – Sportredaksie, ATP