Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
‘Jonges sukkel om vir Groot 3 kers vas te hou’

Ná die Serwiese tennisspeler Novak Djokovic se skittervertoning die naweek om sy negende Australiese Ope-titel in te palm, voel Andy Murray dat die jonges nie die gaping tussen hulle en die Groot Drie vernou nie.

Novak Djokovic in ekstase nadat hy Sondag die Australiese Ope gewen het deur Daniil Medvedev in die eindstryd te klop. Foto: Getty Images

Juis daarom was Murruy, ’n Brit wat vyf keer daarmee tevrede moes wees om strooijonker in Melbourne te wees, nie in die minste verbaas dat Djokovic die Rus Daniil Medvedev Sondag oortuigend in die eindstryd geklop het nie.

Toe Medvedev (25) vir die eindstryd aangetree het, het hy sy laaste 20 wedstryde gewen – maar hy is in skoon stelle deur Djokovic (33) afgestof.

Met die Serwiër se sege het dit beteken dat 15 van die laaste 16 Grand Slams deur Djokovic, Roger Federer of Rafa Nadal gewen is.

“Ek het verwag dat die eindstryd meer gelykop sou wees, maar ek weet ook hoe goed Novak daar is en boonop wanneer hy goed op dreef en hoogs gemotiveerd is,” sê Murray, wat die Aussie-ope misgeloop het.

Andy Murray sê dit was vir hom moeilik om die aksie in die afgelope Australiese Ope te volg. Foto: Getty Images

Dié driemalige Grand Slam-wenner het in Januarie positief vir Covid-19 getoets, en kon nie ’n werkbare kwarantyntyd in Australië vind nie.

“Dit is heeltemal anders om af te slaan in die eindstryd van ’n Grand Slam, as wat dit in ’n kwarteind of halfeind is, wanneer jy teen iemand te staan kom wat al 17 titels (Grand Slams) gewen het.

“Dit is nogal intimiderend en die jonger spelers het nog nie gewys dat hulle naby daaraan kom (om te wen nie),” sê Murray.

Die Brit het ook laat deurskemer dat hy maar min van die toernooi gevolg het, weens sy teleurstelling om met Jan Tuisbly se karretjie te ry.

“Ek het nie regtig veel gekyl nie, ek wou daar gewees het en dit was ’n uitdaging. Ek het opgehou om al die tennisspelers op sosiale media te volg, want ek wou dit net regtig nie sien nie.” – Reuters

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Daniil Medvedev  |  Andy Murray  |  Melbourne  |  Tennis  |  Victoria  |  Australiese Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.