Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kaartjies binne 10 minute uitverkoop

“Super-teleurgesteld.”

Só het tennisliefhebbers Woensdagoggend gevoel toe hulle nie hul hande op ’n gesogte kaartjie na die tenniswedstryd volgende jaar tussen Roger Federer en Rafael Nadal in Kaapstad kon kry nie.

Die tou na die Computicket-toonbank in Checkers in die Glenfair Boulevard-winkelsentrum was vroegoggend etlike meters lank.

’n Aantal hoopvolles het nog Woensdag ná 11:00 in die tou gestaan by Computicket se toonbank in Checkers in die Glenfair Boulevard-winkelsentrum in Pretoria. Hulle kon egter nie kaartjies na die tenniswedstryd tussen Roger Federer en Rafael Nadal kry nie. Foto: Ischke de Jager

Die kaartjies was van 09:00 af te koop.

Computicket het egter op Twitter bevestig dat die sowat 50 000 kaartjies vir dié kragmeting in die Kaapstad-stadion op 7 Februarie binne tien minute uitverkoop was.

Teen omstreeks 11:00 het ’n paar hoopvolles egter steeds in die tou by die winkelsentrum gestaan. ’n Paar minute later het die kassier aangekondig sy kan niks meer doen nie – die kaartjies is inderdaad uitverkoop.

“Ons is super-teleurgesteld,” het een van die vroue, wat sedert 08:30 in die tou gestaan het, gesê terwyl sy wegloop.

Carike Botha wou 18 kaartjies koop.

Die Botha-gesin van Pretoria wat mal is oor tennis. Van links is Amike (12), Carlé (14), Frans, Carike en Lisa (7, voor).Foto: Verskf

Haar hele gesin speel tennis en haar oudste dogter, Carlé (14), speel vir Suid-Afrika tennis.

Sy meen dié groot wedstryd is goed vir die land. Botha het aanvanklik self die kaartjies op Computicket se webblad probeer koop, maar in die tou gaan staan toe die “sold out”-blokkie op haar skerm verskyn.

“Hoe is 50 000 kaartjies binne tien minute net uitverkoop,” vra Botha.

Nadat die kassier bevestig het die kaartjies is uitverkoop, het Botha haar inkopies in die sentrum gedoen en toe teruggegaan om vir die kassier te vra om net doodseker te maak daar is nie nog kaartjies beskikbaar nie.

“Sy het die skerm verfris, maar ’n boodskap het opgekom om die kontaksentrum te bel,” sê Botha, wat sy toe wel gedoen het.

Die kontaksentrum het die slegte nuus van die uitverkoopte kaartjies herbevestig.

“Ons gesin ondersteun tennis met ’n hoofletter T. My hart trek Federer se kant toe, want my suster woon in Switserland,” sê Botha.

“Albei is egter fenomenale spelers, maar ons ondersteun die sport.”

Sy gaan egter fyn dophou of daar nóg kaartjies beskikbaar gestel gaan word.

Ondersteuners het hul ontevredenheid ook op sosiale media uitgespreek oor die kaartjies wat so vinnig uitverkoop het.

Danny K, sanger en liedjieskrywer, is een van die ongelukkiges wat nie kaartjies kon kry nie.

Meer oor:  Shoprite  |  Checkers  |  Computicket  |  Roger Federer  |  Rafael Nadal  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.