Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kanadees pak ‘selfsugtige’ Rafa, Roger
Brayden Schnur / Foto: Getty Images

Humeure het Woensdag oorgekook toe tennisspelers weer rook en swak lug moes inasem tydens kwalifiserende wedstryde vir die Australiese Ope in Melbourne.

Twee van die sport se legendes is boonop gekritiseer as “selfsugtig” omdat hulle nie protes aanteken teen die toestande nie.

Kwalifiserende wedstryde is ’n tweede dag ontwrig, eers deur swak lug van die verwoestende veldbrande oor die land heen en later deur swaar reën. Spel op Melbourne Park moes gestaak word.

Spelers het Dinsdag gekla hulle kon nie asemhaal nie. Die Sloween Dalila Jakupovic het die handdoek ingegooi nadat sy weens ’n erge hoesbui nie kon verder speel nie.

Rook van veldbrande hang oor die middestad van Melbourne. Foto: Getty Images

Kwalifiserende wedstryde is egter wel Woensdag voortgesit, maar spelers het nie op hul laat wag om mond uit te spoel nie.

Hulle het die organiseerders gekritiseer en gesê hulle dra nie die belange van laer gekeurde spelers op die hart nie.

Die Kanadees Brayden Schnur het gesê sy keel was “super droog” en toestande was “100 persent nié normaal” nie.

Hy het selfs vir Rafael Nadal en Roger Federer gepak omdat hulle stilbly en nie opstaan vir hul medespelers nie.

Swaar reën het wel Woensdag in die stad geval. Foto: Getty Images

“Dit moet van die voorste spelers kom. Roger en Rafa is ’n bietjie selfsugtig, want hulle dink net aan hulself en hul loopbane,” het Schnur aan AP gesê.

Schnur, nr. 103 op die ranglys, het Sebastian Ofner van Oostenryk ná meer as twee uur in drie stelle geklop.

“Hulle is aan die einde van hul loopbane en dink net aan hul nalatenskap. Hulle dink nie aan die sport nie,” het Schnur gesê.

“Hulle doen nie wat die beste vir die sport is nie.

“Dit is nie gesond om in sulke toestande te speel nie. Die spelers moet nou saamstaan.

“Die wêreld se voorste gholf- of sokkerspelers sal dit nie verdra nie. As iets nie reg is nie, sal ’n wedstryd uitgestel word,” het Schnur gesê.

Novak Djokovic het vroeër gesê as die situasie nie verbeter nie, moet daar ’n plan B wees.

Melbourne Park het drie stadions met oopskuifdakke, agt binnenshuise bane en 22 buitebane. 

Toeskouers dra maskers. Foto: Reuters

– Reuters

Meer oor:  Australiese Ope  |  Tennis  |  Roger Federer  |  Brayden Schnur  |  Rafael Nadal  |  Veldbrande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.