Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kanniedood-Kevin knoop Roger se stert

Kevin Anderson is deur na die Wimbledon-halfeindronde! En om daar uit te kom het hy grastennis se heel grootste hond stert tussen die bene verjaag.

Vreugde vir Kevin Anderson nadat hy met Roger Federer afgereken het. Foto: AP
Kevin Anderson in aksie in sy epiese stryd teen Roger Federer. Foto: Reuters
Die sege wink vir Anderson. Foto: Reuters

Anderson, die agtste gekeurde, het die eerste gekeurde Roger Federer se strewe na ‘n negende Wimbledon-kroon Woensdag verydel, toe hy hom in ‘n epiese marathon-stryd van die hoogste gehalte met 2-6, 6-7 (5/7), 7-5, 6-4, 13-11 geklop het. Die duo was vir 4 uur en 13 minute op die baan.

Die Switser was in die eerste stel só oorheersend dat ‘n mens ‘n vinnige ontknoping en skoonstel-sege verwag het. Maar Anderson het in die breek tussen die eerste en tweede stelle besluit hy sal nie oor hom laat loop nie, en met hernieude ywer en sakke vol selfvertroue teruggekeer na die baan.

In die laaste vier stelle van die wedstryd het Anderson al beter geraak, met sy gevaarlike afslaan te veel vir Federer en sy algemene spel algaande meer kreatief en akkuraat. Toe hy eers begin kanse vat, het Anderson ook die kitaar begin slaan, en diep kepe tussen Federer se oë veroorsaak. Hy het die eerste speler sedert 2016 geword wat ‘n stel teen Federer kon wen ­– en toe ook ‘n tweede en ‘n derde.

Roger Federer. Foto: Getty Images
Federer vee die sweet af. Foto: AP

Vir Anderson, wat verlede jaar die eindstryd van die Amerikaanse Ope gehaal het, is dit een van die grootste oomblikke van sy loopbaan, en verdere bevestiging dat hy onder die tennis-elite tel. Op 32 is dit sy eerste besoek aan die Wimbledon-halfeindronde. Daarby is hy die eerste Suid-Afrikaner sedert Kevin Curren in 1983 wat so ver vorder by Wimbledon.

Anderson se volgende teenstander is die wenner van die kwarteindstryd tussen die Amerikaner John Isner en Kanadees Milos Raonic.

Volledige uitslae.

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Kwarteind  |  Wimbledon  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.