Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Nishikori klop Cilic in marathon-stryd
06 September 2018

Aan die begin van 2018 het Kei Nishikori hom in die Challenger-reeks bevind, nadat hy die laaste vyf maande van verlede jaar weens ’n polsbesering gemis het.

Kei Nishikori sal vir die derde keer in sy loopbaan in die halfeindronde van die Amerikaanse Ope speel, ná hy Marin Cilic Woensdag in vyf stelle geklop het. Foto: AP

Nou is hy in die halfeindronde van die Amerikaanse Ope, ná hy in ’n marathonstryd by Flushing Meadows wraak geneem het oor die Kroaat Marin Cilic.

Nishikori en Cilic het Woensdag vir meer as vier ure lank opstoppers geruil voordat die Japanner uiteindelik met 2-6, 6-4, 7-6 (7/5), 4-6, 6-4 geseëvier het.

Merkwaardig genoeg het Nishikori oor die loop van die wedstryd minder op sy teenstander se afslaan deurgebreek as Cilic (4 keer, teenoor die Kroaat se 6). Cilic het ook aansienlik meer wenhoue geslaan, met 55 teenoor 28, en ’n beter sukseskoers op sy eerste en tweede afslaan gehandhaaf.

Maar die Japanner het bo uitgekom waar dit die meeste saakmaak: op die telbord. Die verskil tussen die twee spelers was uiteindelik meestal tussen die ore, met die Kroaat meer geneig tot onbesonne foute in die grootste oomblikke.

Nishikori se marathon-sege is ligjare verwyder van die groot drag slae wat hy gekry het in sy en Cilic se beroemdste vorige kragmeting.

Die duo was slaags in die eindstryd van 2014 se Amerikaanse Ope, met Cilic toe baas met 6-3, 6-3, 6-3.

In die vier jaar wat sedertdien verloop het, het albei spelers ses ATP-titels gewen, maar Cilic was meer bestendig op die Grand Slam-verhoog. Vanjaar in New York was daar ook ’n groot kloof tussen hulle op die keurlys, met Cilic sewende gekeur en Nishikori 21ste.

Soos die meeste syfers in dié wedstryd was dit egter ook niks meer as interessante statistieke nie. Wat meer getel het, was die akkuraatheid van Nishikori se rughandhoue, sy vermoë om Cilic se kraghoue vanuit die agterbaan met rente terug te stuur en beter dissipline.

Nishikori se sege het ’n goeie dag vir Japan in ’n uitstekende een verander, met sowel hy as Naomi Osaka steeds lewend in hul onderskeie veldtogte. Die 20-jarige Osaka het in die eerste wedstryd in die Arthur Ashe-stadion haar plek in haar eerste Slam-halfeindronde bespreek deur Lesia Tsurenko met 6-1, 6-1 te verneder.

Vir Nishikori wag nou ’n derde besoek aan die Amerikaanse Ope se halfeindronde, waar óf Novak Djokovic óf John Millman wag. Dié duo was geskeduleer om mekaar Donderdagoggend (SA tyd) te pak.

Meer oor:  Kei Nishikori  |  Marin Cilic  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.