Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kenin kry slae ná Aussie-triomf
Sofia Kenin. Foto: Getty Images

Die herontmoeting van die twee finaliste van die Australiese Ope-tennistoernooi is van die baan nadat Sofia Kenin in die eerste ronde van die Dubai-toernooi uitgeskakel is.

Dit was die Amerikaner, sewende op die ranglys, se eerste wedstryd nadat sy die Australiese Ope in Melbourne gewen het.

Elena Rybakina van Kazakstan het haar Dinsdagaand met 6-7(2/7), 6-3, 6-3 geklop. Die 19de gekeurde Rybakina het ’n jaar gelede nog die 193ste plek op die ranglys beklee.

Kenin het aan AFP gesê daar is ná haar welslae in Melbourne ’n bietjie meer druk.

Die ander finalis van die Aussie Ope, Garbiñe Muguruza van Spanje, het Kim Clijsters in die eerste ronde geklop en Rusland se Veronika Kudermetova Woensdag met 7-5, 4-6, 6-4 geklop. – Sportredaksie, wtatennis.com

Meer oor:  Dubai  |  Tennis  |  Elena Rybakina  |  Sofia Kenin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.