Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kerber bespreek plek in halfeind

Wimbledon se vroue-keurlys is Dinsdag gestand gedoen toe die eerste en tweede gekeurde die halfeindronde gehaal het.

Angelique Kerber in aksie in haar kwarteindstryd teen Karolina Muchova. Foto: Reuters

Die Australiër Ashleigh Barty, die eerste gekeurde, het haar landgenoot Ajla Tomljanovic met 6-1, 6-3 afgestof.

Aryna Sabalenka van Belarus, die tweede gekeurde, het ’n einde gebring aan die Tunisiër Ons Jabeur se goeie vertoning.

Sabalenka het in net meer as ’n uur met kragtennis met 6-4, 6-3 geseëvier. Die 21ste gekeurde moes heeltyd verdedigend speel.

Die 33-jarige Duitser Angelique Kerber sal Donderdag die oudste deelnemer in die halfeindronde wees, waar sy teen Barty (25) te staan sal kom.

Kerber, die 25ste gekeurde, het die 19de gekeurde, Karolina Muchova van die Tsjeggiese Republiek, met 6-2, 6-3 geklop.

Karolina Pliskova speel Dinsdag ’n rughandhou na Viktorija Golubic. Foto: AP

Kerber is ook die enigste voormalige Wimbledon-kampioen onder die laaste vier.

Die Duitser se tennisloopbaan herleef nadat sy die laaste paar jaar min welslae behaal het.

Sy het in die aanloop tot Wimbledon die titel in die Bad Homburg-ope in haar vaderland gewen en dit sou haar hope selfvertroue gegee het.

Sy het haar derde en laaste Grand Slam-titel in 2018 in Londen gewen.

’n Ander Karolina, ook van die Tsjeggiese Republiek, kon wel glimlag nadat sy die eerste keer die halfeindronde gehaal het.

Karolina Pliskova (29) het die relatief onbekende Switser Viktorija Golubic met 6-2, 6-2 geklop.

Pliskova, ’n voormalige nr. 1-speler, sal teen Sabalenka (23) te staan kom.

Dit was veral die Tsjeg se kanon-afslane teen 180 km/h wat die Switser geknak het.

Pliskova het op pad na die halfeindronde nog nie ’n stel verloor nie.

Sy was in haar noppies, want dit was haar eerste verskyning op die hoofbaan.

“Ek gaan die oomblik geniet, want ek het dit nog nie ervaar nie,” het Pliskova na haar oorwinning gesê.

Die hoofbaan en baan een se paviljoene was Dinsdag vir die eerste keer volgepak.

Altesaam 15 000 toeskouers het die aksie op die hoofbaan dopgehou.

Die vroue se eindstryd is Saterdag. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis  |  Ashleigh Barty
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.