Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kerber meen breier ‘verstaan’ haar

Aan die vooraand van die Australiese Ope is die Duitse tennisspeler Angelique Kerber vol lof vir haar nuwe afrigter, Rainer Schüttler, omdat “hy self ’n speler was”.

Angelique Kerber Saterdag op die oefenbaan. Foto: Getty Images

Die 30-jarige Kerber, wat in 2016 die Aussie Ope gewen het, het laat in 2018 by Schüttler ingeval nadat sy en Wim Fissette, haar vorige afrigter, verskille gehad het oor haar toekoms.

“Ek dink hy (Schüttler) is my eerste afrigter wat ook ’n speler was. Hy weet wat dit is om onder druk te wees en verstaan hoe ek dink.

“Op die baan is hy ook ’n harde werker en het passie, net soos ek, vir die sport. Ons albei probeer om ons beste te lewer.

“Dit is wonderlik vir my dat Rainer deel van my span is. Ek het ’n wonderlike span en sien uit na die seisoen,” sê Kerber.

Nadat Kerber verlede jaar die titel op Wimbledon gewen het, is sy by die Amerikaanse Ope in die derde ronde uitgeskakel. Sy is egter vol vertroue vir die nuwe seisoen.

“Dit is ’n nuwe seisoen en ek is baie gemotiveerd. Jy weet, vir my is dit belangrik om op die baan te gaan en die oorgang te probeer maak van dit wat ek geoefen het.

“Ek het regtig baie hard in die afseisoen gewerk en sien daarna uit om weer mededingend te wees,” sê Kerber, wat dié week haar 31ste verjaardag vier.

“Ek weet ek speel tans goeie tennis en dat ek selfvertroue het. Maar dit is steeds nie maklik nie, omdat jy nooit weet wat gaan gebeur nie.”

Die tweede gekeurde Kerber kom in die eerste ronde in Melbourne teen die ongekeurde Polona Hercog van Slowenië te staan. – Reuters

Meer oor:  Melbourne  |  Angelique Kerber  |  Tennis  |  Australian Open
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.