Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kerber skryf sege toe aan 2017 se gesukkel

Angelique Kerber sê dat sy nie Wimbledon sou gewen het nie as dit nie vir haar gesukkel was verlede jaar toe sy van nommer een tot in die 21ste op die wêreldranglys uitgesak het nie.

Die 30-jarige Kerber het die sewemalige kampioen Serena Williams Saterdag met 6-3, 6-3 in die eindstryd geklop.

Angelique Kerber met die Venus Rosewater-trofee. Foto: Reuters

“Ek dink nie ek sou sonder 2017 se ervaring die toernooi gewen nie. Ek dink ek het verlede jaar baie geleer. Ek het weer die motivering wat ek in 2016 gehad het,” sê Kerber.

Kerber het haar derde Grand Slam-titel gewen toe sy die bordjies in ’n herontmoeting van 2016 se Wimbledon-eindstryd teen Williams verhang het.

Sy het in 2016 die Australiese Ope en die Amerikaanse Ope gewen, maar dié is iets anders, sê sy.

“Dis ongelooflik, ek kan die gevoel nie beskryf nie, want ek het as ’n kind altyd gedroom van die oomblik. Om Wimbledon te wen, is rêrig spesiaal.”

Sy het onthul dat sy kleintyd, toe haar heldin Steffi Graf daar gespeel het, gedroom het om die toernooi ook eendag te wen. Sy was Saterdag die eerste Duitser in 22 jaar ná Graf om die Venus Rosewater-trofee te lig.

Kerber het vanjaar weer tot haar reg gekom onder die afrigting van Wim Fissette, vir wie sy Saterdag ’n drukkie gaan gee het ná die beslissende punt.

Dis ongelooflik, ek kan die gevoel nie beskryf nie, want ek het as ’n kind altyd gedroom van die oomblik.
Angelique Kerber

Fissette het voorheen welslae met spelers soos Kim Clijsters, Victoria Azarenka, Simona Halep en Johanna Konta behaal.

Kerber het in die sewe maande wat hulle reeds saam is heelwat verbetering getoon.

“Ons het my spel probeer verbeter deur meer aggressief te wees. Ons het my afslaan ook ’n bietjie verander. Die feit dat ek goed in belangrike oomblikke afgeslaan het, was een van die sleutelpunte in die wedstryd. My dien is ook ’n bietjie vinniger as wat dit was,” sê Kerber.

* Suid-Afrika se Raven Klaasen en Michael Venus van Nieu-Seeland het Saterdagaand in die mans se dubbelspeleindstryd vasgeval teen Amerika se Mike Bryan en Jack Sock, wat met 6-3, 6-7(7), 6-3, 5-7, 7-5 geseëvier het.

Dit was 40-jarige Bryan se 17de Grand Slam-titel, sy eerste sonder sy tweelingbroer, Bob, wat ’n heupbesering het.

Hy het Sock het slegs vir die tweede keer saamgespeel en hy het die titel aan sy beseerde broer opgedra.

Dit was Sock se tweede titel op Wimbledon. Hy en Vasek Pospisil het die Bryan-broers in 2014 se eindstryd getroef.

– Sportredaksie, independent.co.uk

Meer oor:  Wimbledon  |  Eindstryd  |  Serena Williams  |  Angelique Kerber
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.