Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kerber terug in Wimbledon-eindstryd

Die Duitser Angelique Kerber bevind haar vir die tweede keer in drie jaar in die Wimbledon-eindstryd.

Angelique Kerber is vir die tweede keer in drie jaar in die Wimbledon-eindstryd. Foto: Reuters

Die 30-jarige en 11de gekeurde het haar plek in Saterdag se titelstryd bespreek deur die 21-jarige Jelena Ostapenko Donderdag binne net meer as ’n uur van die baan te blaas.

Kerber was baas met 6-3, 6-3.

Kerber het in 2016 die eindstryde van die Australiese Ope, Wimbledon én die Amerikaanse Ope gehaal, en geseëvier in Melbourne en New York.

Sy het daardie jaar as die wêreld se voorste vrouespeler afgesluit, maar dit het in 2017 na ’n swaar meulsteen om haar nek gelyk en sy het teen die einde van die jaar vir die eerste keer in vyf jaar uit die top-20 gesak.

Nou is dít egter net slegte herinneringe. Haar ervaring en rustigheid het haar Donderdag die oorhand gegee oor haar Letlandse teenstander. Ostapenko het verlede jaar die Franse Ope gewen, maar Donderdag, in die eerste Wimbledon-halfeindstryd van haar jong loopbaan, was sy onbestendig en geneig tot foute.

’n Opflikkering laat in die tweede stel, wat onder meer die afweer van ’n wedstrydpunt ingesluit het, kon nie die skade van die 31 ongedwonge foute wat van haar raket gevloei het, ongedaan maak nie.

Kerber sal nou te staan kom teen óf die sewemalige Wimbledon-kampioen Serena Williams óf haar Duitse landgenoot Julia Goerges.

Dié twee se wedstryd was tweede geskeduleer op die hoofbaan. 

Meer oor:  Wimbledon  |  Jelena Ostapenko  |  Angelique Kerber
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.