Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kevin Anderson onthul hy was reg vir klei
Kevin Anderson. Foto: Getty

Suid-Afrika se Kevin Anderson sê hy was van plan om in vanjaar se kleibaanseisoen te speel nadat hy in Februarie ’n klein knieoperasie ondergaan het.

Met alle beroepstennisgebeure wat intussen tot 7 Junie uitgestel is, sal hy dit nie meer kan doen nie. Hy hoop egter die ekstra tyd tot sy beskikking sal hom help om van al sy skete te herstel.

Die 33-jarige Anderson het aan atptour.com gesê alles het goed afgeloop met die operasie en hy sou dalk gereed gewees het om in die Monte Carlo-toernooi te speel.

Indien hy daar fisiek die mas sou opkom, was sy plan om in die hele kleibaanseisoen te speel.Het sy liggaam daar die toets deurstaan, was sy plan om in die hele kleinbaanseisoen te speel.

“Dit gaan uiteraard nie meer gebeur nie en ons sal nou net weer moet aanpas,” sê Anderson.

“Hopelik kalmeer dinge later en raak dit veiliger om uit te gaan en met alles voort te gaan.”

Die operasie in Februarie was die tweede aan sy regterknie nadat hy in September ook onder die mes was.

“Ná my laaste toernooi (die New York-ope) het dit nie sin gemaak om so aan te karring nie. Ek is vroeër in Australië (waar ’n skandering gedoen is) en toe weer in New York daarop gewys dat daar ’n kans is dat ek geopereer moet word.” – Sportredaksie

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.