Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kevin Anderson wys sy babadogter
Kevin Anderson met sy vrou, Kelsey O’Neal, en hul babadogtertjie, Keira. Foto: Twitter

Die Suid-Afrikaanse tennisspeler Kevin Anderson het ’n pa geword.

Anderson het op Twitter aangekondig sy en sy vrou, Kelsey O’Neal, se dogtertjie is op 27 September gebore.

“Ons is so bly om te kan sê Keira O’Neal Anderson het haar op 27 September by ons aangesluit,” skryf die trotse pa by ’n foto waar hy en Kelsey die kleinding wys.

Die 33-jarige Anderson herstel tans van ’n knieoperasie.

Hy het in September aangekondig hy gaan nie weer vanjaar op die baan wees nie. Hy het laas in die Wimbledon-toernooi gespeel.

Hy vanjaar slegs 15 wedstryde gespeel en beklee steeds die 18de plek op die wêreldranglys vir mans. – Sportredaksie

Meer oor:  Kelsey O'neal  |  Kevin Anderson  |  Suid-Afrika  |  Tennis  |  Vaderskap  |  Atp  |  Dogtertjie  |  Knie-Operasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.