Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kevin haal halfeind in Kanada

Suid-Afrika se Kevin Anderson se voorbereiding vir die Amerikaanse tennisope verloop klopdisselboom.

Kevin Anderson / Foto: Getty Images

Verlede jaar se finalis in New York het die halfeindstryd van die toernooi om die Rogersbeker Vrydagaand in Toronto, Kanada, gehaal.

Die vierde gekeurde Anderson het die vyfde gekeurde Grigor Dimitrov van Bulgarye met 6-2, 6-2 in net meer as ’n uur afgeransel.

Dimitrov beklee die vyfde plek op die wêreldranglys en Anderson die sesde. Dit kan meebring dat die twee plekke ruil wanneer die nuwe ranglys Maandag bekend gemaak word.

Anderson speel nou in die halfeindstryd teen die tweede gekeurde Alexander Zverev van Duitsland of die Griekse tiener Stefanos Tsitsipas.

Tsitsipas, wat Sondag 20 word, het vroeër die Wimbledonse kampioen Novak Djokovic van Serwië uitgeskakel.

Djokovic het Donderdagaand op verrassende wyse sy rieme styfgeloop teen Tsitsipas wat met 6-3, 6-7(5), 6-3 geseëvier het.

Djokovic en Anderson het Donderdagaand in die dubbelspel met verlede jaar se kampioene, die derde gekeurde Franse paar, Nicolas Mahut en Pierre-Hugues Herbert, afgereken.

Die Franse het die eerste stel met 6-4 gewen, waarna die twee enkelspel-spesialiste teruggeveg en die tweede met 6-4 gewen het. Anderson-hulle het toe in die beslissende super-valbylpot (die eerste span wat 10 punte wen, wen die stel én wedstryd) met 10-7 die knoop deurgehak en tot die kwarteindronde deurgedring.

Die twee Wimbledon-finaliste sou Vrydagaand in die kwarteindronde teen Nikola Mektic van Kroasië en Alexander Peya van Oostenryk te staan gekom het.

Suid-Afrika se Raven Klaasen en sy Kiwi-maat Michael Venus het ’n kans gehad om wraak te neem teen die Amerikaners Mike Bryan en Jack Sock wat hulle in die eindstryd op Wimbledon uitgeskakel het. – Sportredaksie

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Tennis  |  Kanada  |  Grigor Dimitrov
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.