Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kevin nie vanjaar op klei te sien

Suid-Afrika se Kevin Anderson, ’n finalis verlede jaar op Wimbledon, sal met die aanbreek van die grasbaantoernooie eers weer op tennisbane te sien wees.

Anderson (32) gaan weens sy knaende elmboogbesering vanjaar nie in ’n enkele wedstryd op klei in aksie wees nie.

Kevin Anderson. Foto: Getty Images

Hy het die aankondiging Dinsdag op ’n Twitter-plasing bekend gemaak. Hy sê daarin die besluit is ter wille van sy loopbaan geneem, terwyl dit hom intussen kans sal gee om oorgehaal te wees wanneer die aksie voor Wimbledon na die grasbane verskuif.

“Ek het dit met my dokters en span bespreek en ons het gedink die beste besluit sal wees om te rus en die elmboog nog ’n paar weke te gee om te herstel,” sê Anderson wat van plan was om sy kleibaanseisoen in Portugal met die Estoril Ope te begin.

Hy het in die Australiese Ope aan die begin van die jaar reeds las van die elmboog gehad.

“Ek sal elke dag aanhou hard werk om weer gesond te wees, betyds vir die gras. Ek is baie teleurgesteld dat ek Estoril, Madrid, Rome en Roland Garros – almal ongelooflike toernooie wat goed vir my was en waarna ek graag wou terugkeer – nou gaan misloop. Maar ek weet dit is die regte besluit op die lange duur vir my loopbaan.”

Die Franse Ope op Roland Garros, die tweede Grand Slam-toernooi van die jaar, is van 26 Mei tot 9 Junie en die hoogtepunt van die kleibaanseisoen. Anderson het verlede jaar daar vir die vierde keer in sy loopbaan die vierde ronde gehaal.

Die Argentyn Diego Schwartzman het nadat Anderson die eerste twee stelle gewen het, herstel om die Suid-Afrikaner in vyf stelle met 1-6, 2-6, 7-5, 7-6(0), 6-2 uit te skakel.

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Beseer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.