Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kevin nou bo Roger op ranglys

Hoewel Suid-Afrika se Kevin Anderson slegs die tweede ronde van die Australiese Ope kon haal – een ronde beter as in 2018 – het hy weer tot vyfde op die nuutste wêreldranglys geklim.

Kevin Anderson. Foto: Getty Images

Anderson het daarmee verby die tennismaestro Roger Federer van Switserland op die ranglys geskuif.

Die kampioen in 2018 is vanjaar in die vierde ronde in Melbourne deur Griekeland se Stefanos Tsitsipas uitgeskakel. Hy moes ’n klomp ranglyspunte verdedig en sy vroeë nederlaag het hom duur te staan gekom.

Federer het met drie plekke teruggesak tot sesde, terwyl die jong Griek met drie plekke tot 12de geklim het.

Sewe van die voorste 10 spelers is nou 30 jaar of ouer.

Verlede jaar se ander finalis, Marin Cilic, het ook drie plekke teruggesak na 10de.

Top10: 1. (-) Novak Djokovic (Serw) 10 955; 2. (-) Rafael Nadal (Sp) 8 320; 3 (+1) Alexander Zverev (Duits) 6 475; 4. (+1) Juan Martin del Potro (Arg) 5 060; 5. (+1) Kevin Anderson (SA) 4 845; 6. (-3) Roger Federer (Swit) 4 600, 7. (+2) Kei Nishikori (Jap) 4 110; 8. (-) Dominic Thiem (Oost) 3 960; 9. (+1) John Isner (VSA) 3 155; 10 (-3) Marin Cilic (Kro) 3 140. – Sportredaksie

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Novak Djokovic  |  Ranglys  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.