Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kevin ploeg terug in SA tennis
Kevin Anderson is die ambassadeur vir die nuwe nasionale laerskole-tennistoernooi wat aanstaande maand landwyd begin.Foto: Getty Images

Tennis Suid-Afrika (TSA) en BNP Paribas gaan nou hul kragte saamgesnoer om tennistalent in Suid-Afrika te ontgin en uit te brei.

Die twee liggame het Dinsdag in die Arthur Ashe-tenniskompleks in Soweto aangekondig dat hulle van aanstaande maand af ’n nasionale tennistoernooi vir laerskole gaan aanbied. Dit sal landwyd aangebied word en die oogmerk is om Suid-Afrika se sterre van môre te ontdek.

Die reeks gaan oor ’n tydperk van sewe maande beslis word en sal in 14 distrikte in al nege provinsies gespeel word.

Volgens Richard Glover, die uitvoerende hoof van TSA, sal Suid-Afrika se voorste speler en nommer 11 ter wêreld, Kevin Anderson, die gesig van die toernooi wees en as ambassadeur van hierdie projek optree.

“Ons wil tennis toeganklik vir almal maak,” het Glover gesê.

Anderson het in ’n video-opname gesê hy is passievol daaroor om iets aan die spel in sy geboorteland terug te gee.

“Elke kind moet die geleentheid hê om te speel en vir die spel lief te raak. Ek is baie opgewonde oor hierdie projek en kan nie wag om te sien hoe dit gaan ontwikkel nie,” het Anderson gesê.

Glover het gesê wat hierdie opwindende toernooi en ontwikkelingsprojek betref, is Anderson se betrokkenheid boonop die kersie op die koek.

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Richard Glover  |  Soweto  |  Tennis  |  Tsa  |  Wimbledon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.