Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kevin sweet, maar waarsku ook

Kevin Anderson het met 19 kishoue in sy eerste tenniswedstryd in 80 dae ’n waarskuwing aan sy teenstanders op Wimbledon gerig.

Kevin Anderson Maandag met sy terugkeer na die tennisbaan. Foto: Reuters

Die tweede gekeurde Suid-Afrikaner het Maandag by die Fever-Tree-toernooi by die Queen’s-klub in Londen die eerste stel in sy terugkeer tot die spel verloor, maar herstel om die Brit Cameron Norrie met 4-6, 7-7(5), 6-4 te klop. Norrie, ook ’n gebore Johannesburger, het Nieu-Seeland op skool verteenwoordig, maar speel nou vir Brittanje.

Dit was die 33-jarige Anderson se eerste wedstryd sedert 29 Maart toe hy in die kwarteindronde van die Miami Ope deur Roger Federer uitgeskakel is.

Anderson, steeds agtste op die wêreldranglys, het die kleibaanseisoen misgeloop om van ’n elmboogbesering te herstel.

Anderson het verkies om eerste af te slaan, maar het die eerste pot ná ’n tweede breekpunt verloor.

Norrie het gevolglik ná die enigste deurbraak die eerste stel met 6-4 beklink.

Anderson het in die tweede stel se vierde pot ’n breekpunt gehad, maar Norrie het vasgebyt om dit 2-2 maak.

Die Suid-Afrikaner het hom op 15-40 in die volgende pot uit die moeilikheid gekry om die tweede stel steeds volgens afslaan te laat verloop.

Anderson het met die sesde pot ná Norrie se tweede dubbelfout weer ’n breekpunt gehad, maar die Brit het weer daarin geslaag om sy afslaan te behou.

Anderson moes tot die valbylstryd wag, wat hy met 7-5 gewen het, om die wedstryd tot ’n derde stel te verleng.

Anderson het in die beslissende stel se derde pot ’n geleentheid gehad om die voortou in stel te neem, maar kon weer nie die deurbraak bewerkstellig nie

Die Suid-Afrikaner het met die vyfde pot van die beslissende stel die eerste keer in die wedstryd op Norrie se afslaan deurgebreek om met 3-2 die voortou te neem.

Hy het daarmee seker gemaak dat hy nie weer soos verlede jaar in die eerste ronde van die toernooi vasval nie.

Anderson sal in sy tweede wedstryd teen die Fransman Gilles Simon of die Britse kwalifiseerder James Ward speel.

Meer oor:  Londen  |  Kevin Anderson  |  Wimbledon  |  Suid-Afrika  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.