Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kevin wys Lloyd hy's nog SA se nr. 1
Kevin Anderson glo sy beste tennis gaan nog gespeel word..Foto: Getty Images

My beste tennis lê nog voor.

Dít was Sondagmiddag die boodskap van Kevin Anderson aan die tenniswêreld nadat hy die opkomende jong Suid-Afrikaanse ster Lloyd Harris met 6-3, 3-6, 11-9 geklop het in ’n vertoonwedstryd in Soweto.

Dié lenige blondekop het dit duidelik aan diegene gemaak wat glo dat hy op 33-jarige en ná talle beserings in die skemer van sy loopbaan is.

Maar sy vuur is nog alles behalwe geblus.

Hy het hierdie boodskap ook aan die 22-jarige Harris, nou Suid-Afrika se voorste speler volgens die wêreldranglys (72 tenoor 122), op die baan uitgespel.

Soos nou maar al gewoonte geraak het in vertoonstryde, het hulle die eerste twee stelle gedeel, deurdat albei in die sesde potte deurgebreek het.

Die beslissende stel was ’n valbylpot, waar die wenner minstens tien punte moes verwerf.

Harris het vroeg stem dik gemaak en ’n gerieflike voorsprong van 5-2 opgebou. Anderson het sake op 7-elk gelyk gemaak met die Kapenaar Harris, 11 jaar sy junior, wat ’n dubbelfout begaan het.

Dit het Anderson toegelaat om vier punte agtereenvolgens in te ryg.

Een van Anderson se handelsmerk-houe, ’n kishou, het aan hom sy eerste wedstrydpunt besorg, maar Harris het dit afgeweer.

Op 9-elk het Harris ’n handrughou wyd gespeel om Anderson sy tweede wedstrydpunt te besorg en hierdie keer het hy dit aangegryp met Harris se handrughou wat oor die agterbaan geseil het.

“Dit is nooit maklik hier in die lugdruk teen só ’n groot afslaner nie,” het Harris toegegee.

“Dit was ’n baie lekker atmosfeer hier voor ’n geesdriftige skare en ek sal graag weer hier in Suid-Afrika wil kom speel,” het hy gesê.

Harris het ook sy doelwitte uitgestippel om sy eerste ATP-titel vanjaar te wen en vastrapplek tussen die voorste 50 op die wêreldranglys te kry.

Die 33-jarige Anderson sê ná ’n rits beserings voel sy lyf al hoe beter.

“Daar is nog baie tennis oor in my en ek voel beslis my beste wag nog, en is nie reeds verby nie,” het hy musiek vir die ore van sy ondersteuners gespeel.

Meer oor:  Kevin Anderson  |  Tennis  |  Vertoonwedstryd  |  Lloyd Harris  |  Soweto
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.