Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kholo moet nou SA se naam hoog hou

Kholo Montsi is die enigste oorblywende Suid-Afrikaner in die wedloop om ’n enkelspeltitel te verower in Marokko, waar die Afrika-tenniskampioenskap vir o.18-spelers plaasvind.

Kholo Montsi saam met die afrigter Jean-Pierre de Lange. Foto: Facebook

Die twee Suid-Afrikaners in die kwarteindstryd het gemengde welslae teen hul Marokkaanse teenstanders Donderdag in Marrakesj gehad.

Die vierde gekeurde Joubert Klopper het in sy derde wedstryd van drie stelle met 7-5, 5-7, 0-6 teen die sewende gekeurde Ismail Saadi vasgeval.

Hy het op 5-5 in die tweede stel ’n kans gehad om die voortou te neem, maar dit verspeel.

Die derde gekeurde Montsi het die agtste gekeurde Younes Lalami Laaroussi vroeër met 6-4, 6-4 uitgeskakel.

Laaroussi het verlede jaar ook die kwarteindstryd gehaal en toe teen die uiteindelike wenner, Philip Henning van Suid-Afrika, verloor.

Zoë Kruger – in 2017 in Tunisië – was die vorige meisie van Suid-Afrika wat met die Afrika o.18-enkelspeltitel weggestap het. – Johann de Jager

Meer oor:  Marokko  |  Kholo Montsi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.