Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kiki sal Kim deeglik toets in Dubai
Kim Clijsters Foto: Getty Images

Kim Clijsters sal Maandag ná ’n afwesigheid van sewe jaar haar terugkeer tot mededingende tennis maak.

Dié voormalige nommereenspeler maak haar terugkeer in die Dubai Duty Free-toernooi, maar sy het ’n taai teenstander in die eerste ronde.

Die 36-jarige Belg het ’n uitnodiging na dié toernooi gekry nadat sy laas in 2012 se Amerikaanse Ope die raket geswaai het.

Sy sal deeglik in haar terugkeer getoets word, want haar teenstander is Kiki Bertens van Nederland, die sesde gekeurde.

“Ek is baie opgewonde om na die wedstrydbaan terug te keer. Ek kan nie wag om terug te keer na die spel waarvoor ek lief is en om weer voor ondersteuners te speel nie.

“Die ondersteuning en aanmoediging wat ek gekry het nadat ek gesê het ek gaan my terugkeer maak, was oorweldigend.”

Clijsters het verlede jaar gesê sy gaan weer speel, maar ’n beseerde polsgewrig het verhinder dat sy in die Australiese Ope speel.

Dit sal haar tweede terugkeer wees. Sy het in 2007 die eerste keer uitgetree en daarna ’n ma geword.

Sy was binne 24 maande terug op die baan en het drie van haar vier Grand Slam-titels gewen en was in 2011 weer bo-aan die wêreldranglys.

“Wanneer ek in ’n Grand Slam-toernooi in die legendes-afdeling speel, vra iemand my dikwels of ek teen haar balle wil slaan.

“Die liefde vir die spel is beslis nog daar. Ek voel nie asof ek myself moet bewys nie, maar ek wil myself uitdaag en weer sterk wees,” sê Clijsters.

Ses van die wêreld se top-tien vroue sal in Dubai deelneem. – Reuters

Meer oor:  Tennis  |  Kim Clijsters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.