Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kiwi’s kry tennis ook weer op dreef

Nieu-Seeland gaan die Suidelike Halfrond se eerste beroepstennistoernooi sedert die Covid-19-pandemie aanbied.

Dié toernooi, wat op 3 Junie gaan begin, sal ’n spantoernooi wees vir mans wat in Nieu-Seeland gesetel is.

Al 112 wedstryde in die Nieu-Seelandse Premierliga sal sonder toeskouers in Auckland gespeel word en regstreeks op Sky Sport en die YouTube-kanaal Sky Sport Next, gebeeldsend word.

Cameron Norrie

Nieu-Seeland was tot dusver suksesvol daarin om die virus te bekamp. Nadat daar vir twee maande ’n inperkingstydperk was, het Nieu-Seelandse owerhede van die beperkinge begin ophef en die groen lig gegee vir sekere beroepsport om weer te begin.

Nieu-Seeland het slegs 1 154 bevestigde Covid-19-infeksies aangemeld en 21 sterftes weens dié siekte. Geen nuwe gevalle vir die afgelope 24 uur is teen Maandagmiddag (Nieu-Seelandse tyd) aangemeld nie.

“Om sonder ’n doelwit te oefen is nie moontlik vir beroeps- en mededingende sportlui nie,” sê Christophe Lambert, Tennis Nieu-Seeland (TNS) se direkteur van hoë verrigting in ’n verklaring.

“Die NS se Premierliga bied geleenthede vir ons beste spelers om in ’n tuistoernooi mee te ding, sodat hulle dadelik internasionaal kan deelneem wanneer die beroepsreeks (ATP) weer begin. Dit is ook ’n kans vir ons jonger spelers om die ervaring op te doen wat hulle nodig het om op die hoogste vlak mee te ding.”

Nieu-Seeland het tans geen spelers in die top-500 op die wêreldranglys nie en die Premierliga sal gelaai wees met dubbelspel-spesialiste, studentespelers en oorsese spelers, wat in Nieu-Seeland gevestig is.

Onder die oorsese deelnemers tel die Brit Cameron Norrie (77ste op die wêreldranglys) en die Brit Ben McLachlan (58ste).

Die toernooi word geborg deur Tennis Nieu-Seeland en die Lavie Tennis-akademie. Dit sal bestaan uit 24 spelers wat in agt spanne opgedeel is en dit sal drie weke lank duur op ’n rondomtalie-grondslag, gevolg deur eindstryde.

Vertoontoernooie vir beroepspelers is vroeër vandeesmaand reeds in Duitsland en Frankryk beslis. – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Tennis  |  Wta  |  Atp  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.