Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Klaas Vakie wag weens chaos by Davisbeker
Jack Sock en Sam Querrey vier ’n punt in hul Davisbeker-dubbelspelwedstryd teen Italië, wat eers Donderdag om 04:00 voltooi is.Foto: AP

Die skedule van die Davisbeker-eindtoernooi, wat vandeesweek in die La Caja Magica-stadion in Madrid beslis word, is in chaos gedompel, met die laaste wedstryd van Woensdag se program wat eers Donderdag om 04:00 voltooi is.

Italië en Amerika se kragmeting het eers om 01:25 begin nadat organiseerders gesukkel het om ses kragmetings in ’n enkele dag ingepas te kry.

Dieselfde probleem het die organiseerders Dinsdag ook laat bloos, met spel vir daardie dag wat eers Woensdag om 02:00 klaargemaak het.

Dieselfde probleem het die organiseerders Dinsdag ook laat bloos, met spel vir daardie dag wat eers Woensdag om 02:00 klaargemaak het.

In Donderdagoggend se laaste wedstryd moes Sam Querrey en Jack Sock ’n agterstand met ’n stel teen Simone Bolelli en Fabio Fognini uitwis om te wen en die VSA ’n oorwinning met 2-1 te besorg.

“Ek is beslis moeg,” het Fognini agterna die gevoel van die spelers en ook die moedige toeskouers opgesom.

Elke kragmeting, wat op die drie bane in die stadion beslis word, bestaan uit twee enkelspelwedstryde en een dubbelspelstryd.

Die probleme het Woensdag begin, toe Brittanje bykans nege uur nodig gehad het om Nederland tot oorgawe te dwing.

Andy Murray. Foto: Getty Images

Andy Murray se enkelspelstryd teen Tallon Griekspoor het op sy eie bykans drie uur geduur, terwyl die ander twee wedstryde ook uit lang stelle en baie valbylpotte bestaan het.

In een van die latere kragmetings, tussen Duitsland en Argentinië, was daar drie valbylpotte in die dubbelspelwedstryd, met die laaste een wat ’n volle 38 punte geduur het.

Leon Smith, Brittanje se nie-spelende kaptein, sê dit was een van die langste dae wat hy in ’n stoel langs ’n tennisbaan deurgebring het.

Altesaam 18 lande is vandeesweek in Madrid slaags in dié splinternuwe Davisbeker-formaat, met die wenner wat Sondag gekroon sal word. – Reuters

Meer oor:  Andy Murray  |  Madrid  |  Spanje  |  Chaos  |  Tennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.