Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Kleibaan-Slam: Rafa het uitstel gesteun
Rafael Nadal Foto: Getty Images

Die president van die Franse Tennisfederasie (FFT), Bernard Giudicelli, het onthul hulle het met Rafael Nadal gepraat voordat hulle besluit het om die Franse Ope te skuif.

Tennis is in ’n warboel gelaat Dinsdag met die beamptes op Roland Garros se aankondiging dat die Franse Ope na 20 September uitgestel is weens die Covid-19-pandemie.

Die res van die tenniswêreld was nie baie ontvanklik daarvoor nie. Die Amerikaanse tennisvereniging (USTA), Laverbeker en Acapulco Ope het daaroor uitgevaar.

Om alles te vererger het die ATP en WTA Woensdag aangekondig dat alle tennis tot 7 Junie op die vroegste uitgestel is.

Om alles te vererger het die ATP en WTA Woensdag aangekondig dat alle tennis tot 7 Junie op die vroegste uitgestel is wat meebring dat die hele kleinbaanseisoen van die baan gevee is.

Giudicelli sê Guy Forget, die toernooidirekteur van die Franse Ope, was in kontak met Nadal, Spanje se 12-malige wenner op Roland Garros, voordat hulle die aankondiging gemaak het.

“Ons het Rafa op die foon gehad en ons het ander spelers ook in die hande probeer kry,” het hy volgens RMC Sport gesê.

“Dit was Guy wat Rafa in die hande gekry het. Hy het gevoel dis ’n goeie besluit wat die kleibaanseisoen op die kalender hou.” – TeamTalk

Meer oor:  Rafael Nadal  |  Parys  |  Koronavirus  |  Tennis  |  Kleibaantoernooi  |  Grand Slam  |  Roland Garros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.