Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
'Kleibane hou voordele vir Wimbledon in'

Roger Federer sê hy het nog nooit probleme ondervind om van klei- na grasbane oor te skakel nie en hoop dat sy besluit om op Roland Garros te speel, voordelig vir sy Wimbledon-aanslag sal wees.

Kleibane is nie die Switserse maestro se gunsteling-oppervlak nie. Hy speel vandeesweek in sy vaderland in Genève in sy eerste kleibaantoernooi van die seisoen ter voorbereiding van die Franse Ope, wat op 30 Mei begin.

Roger Federer in aksie in 2019 se Franse Ope. Foto: Getty Images

Die 39-jarige Federer kon die Franse Ope nog net een keer wen – in 2009, toe hy die Sweed Robin Söderling geklop het.

Federer het weens beserings en sy voorkeur van toernooie vier van die laaste vyf toernooie op Roland Garros misgeloop.

Hy het in Maart met ’n toernooi in Doha tot die spel teruggekeer nadat hy weens twee knieoperasies langer as ’n jaar buite aksie was.

Hy gaan ná die Franse Ope ook in Halle, Duitsland, opwarm vir Wimbledon, wat hy reeds agt keer gewen het.

“Ek was bly dat my knie nie veel anders op klei as op die harde baan gevoel het nie. Ek verwag dat dit van klei na gras dieselfde sal wees.”

Ek was bly dat my knie nie veel anders op klei as op die harde baan gevoel het nie.
Roger Federer

Federer sê spelers is al gewoond daaraan om die oorskakeling tussen die verskillende speeloppervlakke te maak.

“Maar daar is met ’n besering uiteraard ’n bietjie meer kommer, veral as jy so lank soos ek uit aksie was."

Vanjaar se Franse Ope is weens die Covid-19-pandemie met ’n week uitgestel. Federer sê die skuif het ’n groot effek op sy program gehad, maar hy is tevrede met sy voorbereiding vir Wimbledon, wat op 28 Junie begin.

Hy verduidelik dat ’n mens die bal in wedstryde op klei – om ’n effek op die oppervlak te hê – behoorlik moet moker. Hy meen deur baie balle nou so in die komende kleibaantoernooie te slaan, sal later in die grasbaanseisoen vir hom voordelig wees.

• Die eerste gekeurde Federer sal vandeesweek in sy eerste wedstryd in Genève teen die wenner van die wedstryd tussen Jordan Thompson van Australië en Pablo Andújar van Spanje speel.

• Suid-Afrika se Lloyd Harris sal Dinsdag in die eerste ronde in Lyon teen Gael Monfils speel. Harris het die Fransman in 2018 in Chengdu, China in hul enigste wedstryd nog in drie stelle geklop, maar dit was op ’n harde baan.

• Serena Williams het haar voorbereiding vir die Franse Ope Maandag voortgesit toe sy as eerste gekeurde in ’n Challenger-toernooi, die Emilia-Romagna-Ope in Parma, die Italiaanse kwalifiseerder Lisa Pigato met 6-3, 6-2 in die eerste ronde geklop het. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Wimbledon  |  Tennis  |  Kleibaan  |  Lloyd Harris  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.