Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tennis
Knie hou Federer uit Franse Ope

Roger Federer sal die Franse Ope vanjaar ’n vierde keer in vyf seisoene misloop.

Die Switserse tennisheld het op Twitter aangekondig dat sy regterknie hom al ’n ruk lank pla en dat hy gehoop het dit sou met tyd vanself regkom.

Roger Federer op 7 Februarie in die Kaapstad-stadion teen Rafa Nadal in aksie. Foto: Gallo Images

“Ná ’n ondersoek en beraadslaging met my span het ek gister (Woensdag) in Switserland artroskopiese chirurgie ondergaan. Ná die prosedure het die dokters aan my bevestig dat ek die regte ding gedoen het en hulle is baie optimisties dat ek ten volle sal herstel,” twiet Federer.

“Ek sal gevolglik (die toernooie in) Doebai, Indian Wells, Bogota, Miami en die Franse Ope misloop. Ek is dankbaar vir almal se ondersteuning en kan nie wag om weer te speel nie. Sien julle op gras!”

Dié 20-malige Grand Slam-kampioen het in 2016 ook die Franse Ope weens ’n kniebesering misgeloop. In ’n poging om sy loopbaan te verleng, het hy in 2017 en 2018 ook nie sy verskyning op Roland Garros gemaak nie.

Hy was verlede jaar terug in die Franse hoofstad en het die halfeindronde gehaal, waar hy hom in die Koning van Klei, Rafa Nadal, vasgeloop het.

Federer se bestuurder het verlede week nog aangekondig dat die 38-jarige Switser beplan om vanjaar net een kleibaantoernooi, die Franse Ope, te speel, maar die artroskopie het nou dié plan omvergewerp.

Federer se grasbaanseisoen begin tradisioneel middel Junie in Halle, Duitsland. Vanjaar se Wimbledon-toernooi begin op 29 Junie.

* Federer het in die Australiese Ope al met beserings gesukkel, maar het vroeër vandeesmaand in ’n vertoonwedstryd teen Nadal in Kaapstad gespeel. – Sportredaksie


Meer oor:  Beseer  |  Franse Ope  |  Roger Federer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.